WAAR IS JY?

Leon Fick

Waar is jy?
Jy wat my as menslike wese bevry
Waar kruip jy weg?
Waar steek jy jou lyf
Wat ek soek so styf
Teen my smagtende bors
Om te tem my onverkwiklike dors
Om die kalmte te kniehalter
In 'n greep van bodemlose rus

Hoe diep moet ek rus
Om jou asemloos te hoor sus
Dit waarna ek so diep verlang
Om te weet dat ek kan vertrou
Op my illusie van jou as vrou
Daar waar ek my siel verberg
Daar waar my gewete my terg
Daar waar ek in swakheid swem
Daar waar ek verskrik wegkruip

Ek is bang vir jou
Ek is bang dat jy my af gaan knou
Ek is bang dat jy my seer gaan maak
Daarom bou ek 'n skans van spier
Daarom keer ek jou vroulike figuur
Al brand ek vir jou kern van volmaakte vlam
Vrees ek vir die oomblik van werklike waarheid
Wat my sal ontbloot as 'n vorm van 'n swakheid
Wat my sal ontmasker as 'n skim van manwees

Waar is dit van jou?
Wat ek op kan vertrou
Wat my hart met vrede kan aanvaar
Lê dit in jou lag wat my hart laat hop
Is dit die enigste rede hoekom my hart nog klop?
Smag ek na 'n spook wat swygend my ontwyk
Of skreeu ek na die son wat sy gesig vir my verberg
Hoe sal ek weet of my hunkering jou vererg
Smagtend, smekend, sluip ek in die skadu van jou gloed

Waar is jy
O mens wat my verlei?
Waar begrawe jy jou bates
Waar steek jy jou siel vir my weg
Waar hou jy die goed - wat ander sê is sleg
Skyn vir my soos 'n son ongetem
Brei al my woorde met 'n hart van goud
Vorm al my sinne soos 'n bakker van ouds
Wees my genadig en wees vir my lief

18 februari 2005

E-card

Geef je beoordeling aan het gedicht: WAAR IS JY?

Actuele beoordeling: 5,68
Aantal stemmen: 271
Daler: -0,02
Aantal hits: 4329


Recente gedichten in de categorie Zuid-Afrikaans

Pasfoto
DatumGedicht
17-02-05 DIE BEELD VAN MY PRINSES
17-02-05 crux1
17-02-05 waarom huil my liefste
17-02-05 Gatiepie van die Bo-Kaap
16-02-05 ontrou
16-02-05 adrette (1) lyfie
16-02-05 Mamsie
04-02-05 Mamsie
04-02-05 roos
04-02-05 stukkie goud
04-02-05 misleef
02-02-05 Vergifnis
02-02-05 Parkering
02-02-05 isgelykaan
31-01-05 ontrou
31-01-05 adrette1 lyfie
31-01-05 Mamsie
31-01-05 roos
31-01-05 stukkie goud
31-01-05 misleef
31-01-05 bitterboek
31-01-05 knelpunt
31-01-05 so naak
28-01-05 tweede vuur
28-01-05 die koue rug

Lees alle gedichten in de categorie Zuid-Afrikaans


Liefdesgedicht.nl partner: Books for Singles

Books for Singles

Books for Singles verkoopt geen liefde, geluk of romantiek. Wel is het de gespecialiseerde online bookseller voor boeken over: singles, liefde, relaties, dating en persoonlijke groei. Books for Singles is een initiatief van het erkende relatiebureau InterDuo.

Liefdesgedicht.nl partner: InterDuo Relatiebemiddeling

InterDuo Relatiebemiddeling

Relatiebureau InterDuo relatiebemiddeling is het meest toonaangevende relatiebureau voor Nederlandse en Belgische HBO’ers en academici. InterDuo is erkend door de BER: Branchevereniging Erkende Relatiebureaus.


Liefdesgedicht.nl partner: Bol.com

Bol.com

Bol.com, de winkel van ons allemaal. Kies uit >10 miljoen artikelen. Snel en vanaf 20,- gratis verzonden!

Maak uw keuze

Partners

Gedicht-categori�n

Extra